Saint-Denis, Seine-Saint-Denis

Hierdie artikel handel oor die stad in Europese Frankryk. Vir die hoofstad van Réunion, sien Saint-Denis, Réunion.

Saint-Denis, Parys

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Île-de-France
 Département Seine-Saint-Denis
 Koördinate 48°56′N 2°21′O / 48.933°N 2.350°O / 48.933; 2.350
 Stigting Voor 2de eeu n.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 12,36 vk km
 Hoogte bo seevlak 23–46 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 112 852
 - Bevolkingsdigtheid 9 100/vk km
 Tydsone UTC +1 (MEST)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Mathieu Hanotin
 Amptelike webwerf Saint-Denis

Saint-Denis is 'n stad sowat 9 kilometer noord van Parys se stadsentrum en in die Franse département Seine-Saint-Denis geleë. Saint-Denis dien as die sub-prefektuur van dié département en is die setel van die arrondissement Saint-Denis.

Saint-Denis huisves die koninklike nekropolis van die plaaslike basiliek en was vroeër ook die setel van sy abdy. Die stad is 'n voormalige nywerheidsentrum in Parys se noordelike voorstadgordel, maar ondergaan tans 'n ekonomiese transformasie. Saint-Denis se inwoners is merendeels Moslem-immigrante uit voormalige Franse kolonies.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search